Remona & Jacques Young // Eensgezindt

January 20, 2016
104

Wat n pragtige troue op n venue wat ek mal oor is! Ek is baie lief vir die plaas lewe en Eensgezindt is n moderne en klassieke venue wat in die middel van die mooiste landerye sit. Jacques en Mona se dag was perfek en die liefde wat hul deel is in elke foto sigbaar. Dankie vir al julle geduld met die fotos, julle is dierbare mense!

n Woordjie van die bruid en bruidegom :

Ons trou dag was een van die mooiste dae in ons verhouding sover, ons het elke oomblik ten volle geniet en als was perfek. Die 9 maande van beplanning van ons groot dag was nie net opwindend nie, maar ook stressvol met baie trane en ons het kante van mekaar gesien wat ons
sterker gemaak het. As ons vandag terugkyk na die dag het alles uitgedraai soos dit moet en dit was alles die moeite werd gewees.

Ons het gebruik gemaak van eensgezind onthale as n venue die weer het mooi saam gespeel met baba blou,en mint groenen silwer as ons kleurskema. Die oomblik wat vir ons die meeste uitgestaan het, was toe ons mekaar vir die eerste keer sien op die dag, dit was so spesiaal en emosioneel en ek dink nie ons was al ooitso gelukkig soos op daardie oomblik nie. Ons het al ons naaste vriende en familie daar gehad en dit was n eer om hulle almal daar te he. Daar was definetief baie geeet, gedans en baie glimlagte van al die grappe van die toesprake. Ons kyk nou en dan na ons foto’s net om terug te dink aan die mooi herinneringe, en om die dag weer te beleef. Ons verhouding as man en vrou is sterker as ooit en ons sien uit na ons toekoms voorentoe.
Jacques&Mona

VERSKAFFERS WAT DIE DAG EKSTRA SPESIAAL GEMAAK HET :

Dekor : Little wood Pecker

Venue : Eensgezind Onthale

Blomme: Eensezind onthale

Koek: Gift of Baking
Hair& Make-up: BANGS hair & Beauty By Rochelle& Natasha
Rok : Bride&Co
Videograaf : Jacques Louw
Gaste huis: Evertsdal Guest House
Trou kar: Albert Smit

Write a Reply or Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *